Laerskole en Hoërskole spandeer elke jaar baie groot begrotings aan hul revues, want dit is gewoonlik die groot bemarkingsprojek vir die skool. Daar word vir maande repeteer, geskaaf, kostuums word gemaak, sang opgeneem en choreografie gedoen.  Met groot opwinding word die revue vir ‘n week of wat opgevoer.  Na al hierdie energie en harde werk, is die revue na ‘n week verby. Almal betrokke, se harte is dan seer, want soos met enige verhoogproduksie, word ons mos familie.  Dit is glad nie lekker as “familie” uit mekaar moet gaan nie.

Juis daarom het ons hier by Lefra Produksies besluit om ‘n verdere lewe aan skole se revues te gee met REVUE SA.  Hierdie is ‘n nasionale revuekompetisie wat by Carnival City se Big Top Arena aangebied gaan word in Augustus 2018. Die spesifieke datums is as volg:

Laerskole: 21 - 25 Augustus 2018
Hoërskole: 14 - 18 Augustus 2018
Finale: 11 - 12 September 2018
(Let daarop dat Laerskole en Hoërskole in die eerste uitdunne net een aand op sy hoef te sit vir die eerste optredes)

Die kompetisie gaan op ‘n uitdunbasis aangebied word en daar sal ook ‘n mate van ‘n realiteits gevoel in die aanbieding wees.  Lefra Produksies verfilm die volle REVUE SA 2017 vir moontlike uitsending later op 'n televisie.

Ons aanbieders en beoordelaars gaan van hoogstaande gehalte wees en gaan ook diep spore in die bedryf getrap het. Hierdie name word eersdaags bekend gemaak.

Lefra Produksies nooi alle laerskole en hoërskole uit om nou in te skryf vir REVUE SA.

Al die inligting verskyn op hierdie webtuiste, maar u is ook welkom om u navrae hier onder vir ons te stuur. Terme en Voorwaardes Geld – lees asseblief by:

U is welkom om te lees oor die volgende:

   

 

Ons hoop om u by REVUE SA te verwelkom.

 

Lefra Kommunikasies en Bemarking | Kopiereg © 2019. Alle Regte Voorbehou.