Kaartjies vir toeskouers sal eersdaags by Computicket beskikbaar wees.  Gekeurde skole sal ook ‘n skrywe van ons ontvang oor die hoeveelheid kaartjies wat elke skool sal ontvang om te verkoop.  Dit is belangrik dat u so gou as moontlik vir ons ‘n aanduiding sal gee oor hoeveel kaartjies ons vir u moet bespreek.  Aangesien daar tot 10 skole per aand sal deelneem, is kaartjies redelik beperk.  Dit is natuurlik vir elke revuegroep so belangrik om soveel ondersteuning as moontlik te kry.  Moedig dus u skool se leerders, ouers, oupas en oumas, ooms en tannies ens aan om te kom kyk.  Dit gaan ‘n heerlike ervaring wees.  Ons plaas ook eersdaags meer detail hier oor kaartjie aankope.

Lefra Kommunikasies en Bemarking | Kopiereg © 2019. Alle Regte Voorbehou.