Beoordeling

Ons maak van baie professionele mense in die vermaaklikheidsbedryf gebruik om as beoordelaars op te tree. Ons beoordelaars het al in die verlede bewys dat hulle beslis waarde kan toevoeg tot u Revue. Dit is ook nog al die jare ons visie dat hierdie eerder ‘n Revue-fees moet wees en nie noodwendig ‘n Revue-kompetisie nie. Ons wil graag hê dat die deelnemers en afrigters elke oomblik van REVUE 2024 moet geniet. Natuurlik kan daar net een wenner wees, maar in ons oë moet elke liewe deelnemer ‘n wenner wees.

Die beoordelaars gaan op die volgende punte konsentreer:

Choreografie

10

Groepsang

10

Dans/beweging

10

Kostuums

10

Voldoen revue aan die genre REVUE

10

Vermaaklikheidswaarde

10

Sangitem

10

Oorgange

5

Gebruik van spasie

5

Afronding en meelewing

10

Algehele indruk

10

Totaal

100

LET WEL: Hoe groter die groep in jou revue, hoe groter die moeilikheidsgraad. Dit gaan dus deur die beoordeelaars ingedagte gehou word. Die sangitem moet ‘n minimum van 90 sekondes wees. Ons vereis slegs een solo sangitem, maar revues is welkom om meer as een solo sangitem in te sit indien u so voel. Die solo sangitem kan ‘n solo, duet, trio of kwartet wees.

Lees meer oor die individuele beoordelingspunte op die beoordelaarsvorm