Die wegspringplek is natuurlik die inskrywingsvorm.  Let wel dat u ook asseblief die Reëls en Regulasies op elke bladsy moet parafeer.  Onthou dat u ook ‘n 5-10 min video van u revue moet saamstuur.  Hierdie video hoef nie professioneel gedoen te wees nie.  Dit kan met ‘n goeie videokamera of selfs selfoon geneem word.   Die video kan per spoedpos gestuur word aan Lefra Communications and Marketing, Posbus 10552, Strubenvale, 1570 of per koerier na Lefra Communications and Marketing, Singlehurstweg 17, Casseldale, Springs, 1559.  Videosnitte sal ook deur die aanlynapplikasies, Dropbox, Hightail of WeTransfer gestuur kan word na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..  Dit is u verantwoordelikheid om seker te maak dat u videosnit wel ontvang is en wel voor die sluitingsdatum.  Die inskrywingvideo moet deur die voltooide inskrywingsvorm vergesel word.  U videosnit moet duidelik gemerk en geidentifiseer wees met die volgende:

  1. Naam van Skool
  2. Stad of dorp
  3. Kontakpersoon
  4. Posisie
  5. Telefoonnommer
  6. Selfoonnommer
  7. E-pos adres 

Lefra Kommunikasies en Bemarking | Kopiereg © 2019. Alle Regte Voorbehou.